MPUMALANGA. – Vinolia Sedibe (41) het Maandag tydens ‘n plaasaanval in die Lydenburg-omgewing gesterf. Die polisie het twee Mosambiekse burgers, onderskeidelik 34 en 47 jaar oud, gearresteer.
Brig. Donald Mdhluli sê die verdagtes het na bewering in ‘n plaashuis ingestorm en twee vroue tydens ‘n huisroof aangehou. Een van die vroue is verwurg, waarna haar liggaam in nabygeleë bosse ontdek is.
Die verdagtes, wat vinnig vasgetrek is, sal binnekort op aanklagte van moord, huisroof, poging tot moord en ander verwante misdade in die Mashishing-landdroshof voorkom.





