Vrou tronk toe omdat sy nie baba borsvoed nie; eerder verdwyn

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (36) is deur die Madadeni-streekhof vir agt jaar direk tronk toe gestuur, nadat sy skuldig gepleit het op aanklagte van kindermishandeling en verwaarlosing van haar vier maande oue baba. Sy het haar baba gereeld by haar ma gelos en dae of selfs weke lank verdwyn, sonder om haar baba te borsvoed.

Natasha Ramkisson-Kara, NVG-woordvoerder, sê in ‘n verklaring die voorvalle het tussen Maart en Augustus 2025 in Osizweni plaasgevind. Die vrou het gereeld haar huis verlaat, sonder om iemand in te lig waar sy sou wees en haar baba by haar ma agtergelaat. Haar ma het haar gewaarsku dat sy die baba moet borsvoed, maar sy het nie daarop gelet nie en het dikwels dae of selfs weke lank van die huis verdwyn. Uiteindelik het haar ma die polisie ingelig en die vrou is in hegtenis geneem toe sy terugkeer.

Aanklaer Simphiwe Scelo Hlela het ter verswaring van die vonnis gesê ouers het ’n wetlike en morele plig om vir hul kinders te sorg, waarna die hof die regte van die kind beskerm het deur die straf van agt jaar op te lê.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief