GAUTENG. – ‘n Vrou is Sondag ernstig beseer in ‘n bootongeluk op Bronkhorstspruitdam.
Commuity Emergency Response Team (CERT) sê bemanning is omstreeks 12:00 na die bootongeluk ontbied. Die vrou is gestabiliseer voordat sy per Netcare911-lugambulans na ‘n vlak 1-traumafasilitiet gevlieg is.
Die omstandighede van die bootongeluk is onbekend, maar word ondersoek.
Al die rolspelers is vir bystand op die toneel bedank.



