Vrou tydens huisroof gewond

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou (38) is Woensdagmiddag laat twee keer tydens ‘n huisroof in Hazelmere geskiet.

Reaction Unit South African sê die vrou het haarself en haar twee kinders, ‘n seun (12) en dogter (23), probeer beskerm en is in die regterarm en lyf gewond. Rusa is omstreeks 18:15 deur bure van die slagoffer vir hulp ontbied.

Drie gewapende verdagtes het die huis betree en die slagoffers gekonfronteer. Die seun is onder ‘n bed ingedwing, waarna hy begin skree het. Waardevolle items is geëis, waarna die vrou in ‘n poging om haarself en haar kinders te beskerm, geskiet is. Die verdagtes het die huis deursoek en die familiemotor se sleutels ontdek. ‘n Selfoon is gebuit, waarna die verdagtes in die familie se grys VW Jetta, registrasienommer NJ 107 697, gevlug het.

Die vrou is vir behandeling na ‘n hospitaal geneem. Haar kinders is nie beseer nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief