Vrou van ‘tref-en-trap’ geïdentifiseer

Lees ook :

Foto's: SAPD

LIMPOPO. – Rosina Lerato Mochibi (22) van Vaalwater is as die onbekende persoon in ‘n tref-en-trap-ongeluk wat op 26 Mei gebeur het, geïdentifiseer.

Kol. Malesela Ledwaba sê Mochibi is deur ‘n familielid uitgeken. Mochibi is aan die kant van die R101 in Bela Bela (Warmbad) met beserings wat met dié van ‘n motorongelukslagoffer ooreenstem, gevind.

‘n Moorddossier is geopen en enigiemand met inligting word versoek om kapt. Dana Smith by 081 577 4383 te bel.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief