[t4b-ticker]

Vrou verdrink amper na beweerde roof

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou, vermoedelik in haar 60’s, is glo Woensdagaand omstreeks 06:15 beroof en daarna van die Athlone-brug in die Umgenirivier, noord van Durban, gestamp.

Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê hulle is ontbied om ‘n vrou wat amper verdrink het, te help. Met aankoms op die toneel was die metropolisie se soek-en-reddingseenheid teenwoordig. Die vrou het op die brug geloop toe sy glo beroof en daarna van die brug gestamp is. Sy is deur die metropolisie-eenheid gered en na veiligheid geneem. Sy is eers op die toneel behandel voordat sy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

“Metropolisie en die SAPD sal dié voorval ondersoek.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief