Vrou vir ‘moord’ in hof, saak vir borg uitgestel

Lees ook :

Foto's: Facebook

MPUMALANGA. – Sonell Joubert (45), die eienaar van Tswale Educational Elephant Interactions, het Maandag op ‘n aanklag van moord in die Tonga-landdroshof voorgekom nadat Jurgens Nel (45) doodgesteek is.

Lt. kol. Jabu Ndubane sê Nel is op 3 Februarie omstreeks 10:00 vermoor, waarna Joubert gearresteer is. Die vermoede bestaan dat Joubert vir Nel op die betrokke dag op ‘n plaas in Kamhlushwa, naby Komatipoort, doodgesteek het.

Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied, waar Nel, met sigbare wonde, dood verklaar is. ‘n Moordsaak is geopen. ‘n Voorlopige ondersoek het op Nel as ‘n verdagte gedui. Die motief daarvoor moet nog vasgestel word. Daar is gevind ‘n struweling het na bewering ontstaan, maar verdere ondersoek sal vasstel wat werklik die betrokke dag gebeur het.

Die saak is vir ‘n formele borgaansoek tot 18 Februarie uitgestel. Die verdagte is steeds in aanhouding.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief