Vrou voor kinders doodgeskiet – eks in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy glo Dinsdagoggend vir Chilkana Baktawer (45), sy gewese vrou, in Valhalla, Centrurion in die teenwoordigheid van haar twee kinders doodgeskiet het. Hy word buiten moord vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen aangekla. Hy verskyn na verwagting vandag (Vrydag) in die Pretoria-streekhof.

Kapt. Johan van Dyk sê die slagoffer se gewese man het omstreeks 07:00 in Freyastraat oor ‘n muur gespring om toegang tot die slagoffer se erf te kry. Sy is een keer in die agterkop geskiet en het ineengestort en is sy dood verklaar.

Die verdagte het die misdaadtoneel glo dadelik verlaat. Voorlopige ondersoeke het die polisie na sy se woning in Hammerfiststraat, ook in Valhalla, gelei, waar ’n 9 mm Taurus‑pistool met ’n uitgewiste reeksnommer en ‘n magasyn met 15 rondtes onder ’n bank gevind is.

Van Dyk verduidelik voorts met die voorlopige ondersoek is opgemerk dat die verdagte in Laudium was, waarna die inligting deur die polisie en privaat veiligheidsdienste in opvolgoperasies nagegaan is. Drie adresse is besoek, maar die verdagte is nie daar aangetref nie. Later is inligting ontvang dat sy voertuig in die Montana‑area, in die noorde van Pretoria, gesien is. Dié inligting is opgevolg.

Die verdagte het van die polisie probeer vlug, maar is by Wonderboom Junction Mall vasgekeer en in hegtenis geneem, saam met twee mede‑verdagtes, ’n vrou en man van Indiese afkoms. Tydens die inhegtenisneming is ’n revolwer met uitgewiste reeksnommer en vier volgelaaide magasyne in die wit VW Golf 7R, wat die verdagte bestuur het, gevind.

Die verdagte is na Wierdabrug-polisiekantoor oorgeplaas en word aangehou op die hoofklagtes van moord, sowel as die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie. Die ondersoek duur voort.

Volgens beriggewing van Laudium Today is die gemeenskap besig om te mobiliseer om borg teen te staan.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief