VRYSTAAT. – ‘n Vrou (63) is Maandagoggend omstreeks 05:45 uit ‘n yskoue rivier, waar sy gedryf het, gehaal. Sy het die aand gestap en in die water beland, waar sy ure deurgebring het, voordat sy gered is.
Kapt. Loraine Earle sê die vinnige optrede van sers. Tehoho Selebano en konst. Palesa Mokaoena, het die vrou se lewe gered nadat lede van die gemeenskap die polisie ontbied het. Die vrou het met haar gesig na bo in Namahadi in die rivier naby ‘n ou enkelbrug gedryf. Sers. Moleko Mabe, ‘n leerlingduiker van Phuthaditjhaba-kliëntedienssentrum, het ook by die toneel opgedaag om te help.
Mediese nooddienspersoneel is ontbied, waarna die vrou in ‘n stabiele toestand na Elizabeth Ross-hosptaal vervoer is.





