KWAZULU-NATAL. – Owerhede is Maandag deur twee afsonderlike oproepe ontbied, nadat geglo is ‘n liggaam is langs ‘n grondpad in Mount Vernon gestort.
Reaction Unit South Africa (Rusa) sê reaksiebeamptes en paramedici is na die toneel gestuur om ondersoek in te stel. Met hul aankoms het hulle ’n persoon gevind wat styf in ’n lap toegedraai op ’n wal gelê het. Terwyl noodpersoneel aan die ondersoek instel was, het die 26-jarige vrou bygekom en verduidelik dat sy geslaap het. Sy het geweier om verdere inligting te verskaf, haarself weer met die lap bedek en verder geslaap.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: