Vrou wat McCann-familie bekruip, het ChatGPT gevra om DNS te vergelyk

Lees ook :

Vrou wat McCann-familie glo bekruip het, het ChatGPT gevra om DNS te vergelyk fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – Julia Wandelt, die vrou wat beweer het sy is Madeleine McCann, het 76 keer vir ChatGPT gevra om haar DNS met Maddie s’n te vergelyk.

Lees ook: McCann-bekruiper het gesin verskeie kere gebel om DNS-toetse te eis

Wandelt word aangekla daarvan dat sy die McCann-familie bekruip het. Die hof het gehoor sy het 76 keer vir ChatGPT gevra om haar DNS met Maddie se DNS te vergelyk en dat die bot aanvanklik bevind het daar is geen ooreenstemming in die DNS nie.

Nadat sy dit verskeie kere gevra het en gesê het dit het ‘n fout gemaak, het die bot gesê die DNS is “waarskynlik van Julia Wandelt se biologiese pa”. Sy het toe gevra of Gerry McCann haar pa is en ChatGPT het gesê dit is moontlik. Die bot het later voorgestel sy moet oorweeg of die DNS besmet is en die bewerings vals.

Die polisie het reeds DNS toetse uitgevoer wat bewys het Wandelt is nie Maddie nie.

‘n Forensiese wetenskaplike het Maandag getuig dat Wandelt se DNS nie ooreenstem met die DNS wat van Maddie se kussing by haar huis geneem is nie. Rosalyn Hammand het ook gesê die DNS wys dat Wandelt nie Kate en Gerry se kind is nie en sy is nie een van hulle se biologiese kind nie.

Wandelt het ook voorheen beweer dat sy twee ander vermiste meisies is voordat sy beweer het sy is Maddie.

Bronne: Daily Mail, BBC, The Independent

Lees ook: McCann-bekruiper het gesin verskeie kere gebel om DNS-toetse te eis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief