INTERNASIONAAL. – Julia Wandelt, die vrou wat beweer het sy is Madeleine McCann, het die McCann-gesin verskeie kere gebel om DNS-toetse te eis om te bewys sy is Madeleine.
Lees ook: Vrou wat beweer sy is Maddie McCann, aangekla van bekruiping
Wandelt (24) en haar ondersteuner, Karen Spragg (61), word aangekla van die bekruiping van die McCann-gesin vanaf Junie 2022 tot Februarie 2025.
Stemboodskappe wat Wandelt vir McCann gelos het waarin sy beweer haar DNS stem 70% ooreen met Maddie se DNS, is gister in die Leicester Crown-hof gespeel. Wandelt het in die stemboodskap gesê” “Jy is my ma. Dis wetenskap wat niemand kan ontken nie”. Die DNS is gekry op ‘n “misdaadtoneel” deur die Portugese polisie en is in lêers gepubliseer wat aanlyn beskikbaar is.
In ‘n ander stemboodskap beweer Wandelt Maddie lewe nog en dat sy nie geld wil hê nie, maar dat sy “wil weet”.
Sy het ook in verskeie stemboodskappe beweer sy is verkrag en mishandel. In een stemboodskap het sy beweer sy is verlede jaar op 12 Mei verkrag, 12 Mei was Maddie McCann se verjaardag.
Op 9 Oktober 2024 het Gerry McCann ‘n oproep van haar geantwoord en gesê sy het die verkeerde nommer, maar Wandelt het weer gebel en ‘n stemboodskap gelos waarin sy sê: “Ek gaan nie opgee nie en ek sal my punt bewys.”
Kate McCann het gesê Wandelt en Spragg het sonder toestemming by hulle huis in die donker opgedaag om ‘n DNS-toets tee is en dat Wandelt haar blokkeer het van die deur toe maak. Nadat Kate McCann haar getuienis klaar gemaak het, het Wandelt geskree: “hoekom doen jy dit aan my” en is sy deur polisiebeamptes uit die hof gelei.
Wandelt en Spragg het die aanklagtes ontken. Die verhoor duur voort.
Bronne: PerthNow, Daily Mail, Sky News
Lees ook: Vrou wat beweer sy is Maddie McCann, aangekla van bekruiping





