Vroue gearresteer wat bejaarde ‘bedwelm en beroof’

Lees ook :

Foto's: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – Twee vroue wat na bewering Vrydag ‘n bejaarde man (75) in Rietrivier bedwelm en beroof het, is deur reaksiebeamptes gearresteer.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die man het die vroue in sy huis verwelkom, waarna hulle glo aangebied het om vir hom tee te maak. Die man het ure later wakker geword net om uit te vind sy huis is deur die vroue geplunder. Kontant, selfone, klere, skoene en waardevolle items is gebuit.

“Die vroue is op kringtelevisie vasgevang waar hulle die area binnegaan en verlaat. Hulle het gesigmaskers gedra om hul identiteit te verberg.”

Rusa-reaksiebeamptes het inligting opgevolg en een van die verdagtes (39) by haar huis in Chatsworth gekry en gearresteer.

“Tydens ‘n onderhoud het die vrou gesê sy het haar vriendin na die huis vergesel en het opgemerk die man raak onsamehangend nadat hy tee gedrink het. Sy het bygevoeg hulle het die huis met drie sakke gesteelde goedere verlaat, nadat haar vriendin uit die man se slaapkamer gekom het. Sy was onbewus daarvan dat die man aan die slaap geraak het. Die vrou het daarna aangebied om die huis van haar medepligtige aan beamptes uit te wys.”

Die reaksiebeamptes is na Phoenix waar ‘n vrou (47) by ‘n kleuterskool aangetref is. Tydens ‘n onderhoud het die vrou gesê sy het die gesteelde items aan haar tienerseun se vriend gegee.

“Sy het verder bygevoeg dat sy en die pensioenaris op Facebook bevriend geraak het. Sy is Vrydag met ‘n Uber na sy huis, met die verwagting dat sy vir die besoek vergoed sal word.”

Rusa sê beide vroue is aan die polisie oorhandig waar hulle vir die saak aangehou word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief