GAUTENG. – ‘n Vroulike verdagte (23), asook ‘n vroulike Mosambiekse burger, is Donderdag deur die polisie in Moroka, Soweto, in hegtenis geneem. Die vroue het glo voorgegee ‘n ontvoering het plaasgevind en ‘n losprys geëis.
Lt. kol. Amanda van Wyk sê die vroue staan op aanklagte van ontvoering en regsverydeling tereg. Die “ontvoering” het glo op 23 Januarie in Randburg plaasgevind. ‘n Losprys is geëis, waarna die polisie ‘n operasie geloods het. Die ondersoek het na ‘n huis in Moroka gelei, waar beide die beweerde ontvoerde vrou en haar beweerde ontvoerder aangetref is. Verdere ondersoek het aan die lig gebring die ontvoering is geveins.
Beide vroue is in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.