Vroue gearresteer wat glo lieg oor ontvoering

Lees ook :

Foto: SAPD

GAUTENG. – ‘n Vroulike verdagte (23), asook ‘n vroulike Mosambiekse burger, is Donderdag deur die polisie in Moroka, Soweto, in hegtenis geneem. Die vroue het glo voorgegee ‘n ontvoering het plaasgevind en ‘n losprys geëis.

Lt. kol. Amanda van Wyk sê die vroue staan op aanklagte van ontvoering en regsverydeling tereg. Die “ontvoering” het glo op 23 Januarie in Randburg plaasgevind. ‘n Losprys is geëis, waarna die polisie ‘n operasie geloods het. Die ondersoek het na ‘n huis in Moroka gelei, waar beide die beweerde ontvoerde vrou en haar beweerde ontvoerder aangetref is. Verdere ondersoek het aan die lig gebring die ontvoering is geveins.

Beide vroue is in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief