Vroue steeds soek ná ‘plaasaanval’

Lees ook :

Foto's: Specialised Security Services

GAUTENG. – Hester Flemming (52) en Cecilia Johanna Flemming (82) is volgens vermoede tydens ‘n plaasaanval die nag van 25 Oktober ná 22:00 in Caymenstraat, Alewynspoort, Eikenhof, aangeval en ontvoer. ‘n Verdagte is gearresteer.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services sê die aanval het op die plaas langs die Eye of Africa Estate plaasgevind. Die verdagtes het glo toegang verkry deur ‘n heining te knip en ‘n veiligheidshek oop te breek. Die huis is geplunder en twee voertuie is gesteel. Een van die voertuie is vroeg Saterdag in Thokoza opgespoor. ‘n Metaalgroen Isuzu-dubbelkajuitbakkie met registrasienommer CB01WRGP is steeds vermis. Geen losprys is tot dusver geëis nie.

Enigiemand wat weet waar die vroue hulle bevind, word gevra om Mike Bolhuis by 082 447 6116, Chris Coetser by 082 457 4007, Antoinette Coetser by 082 319 4751 of Odette van Staden by 064 700 3023 te bel.

Kol. Mavela Masondo het die voorval aan Nuusflits bevestig en gesê sake van huisroof, ontvoering en die diefstal van ‘n motorvoertuig is by Kliprivier-polisiestasie oopgemaak. ‘n Verdagte is gearresteer, nadat hy in ‘n informele nedersetting met items wat uit die huis van die slagoffers gebuit is, vasgetrek is. Die ander verdagtes word nog gesoek.

Maveloa sê daar word steeds na die vermiste slagoffers gesoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief