Vroue sterf glo tydens besoek aan plaas

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

LIMPOPO. – Twee vroue se lewelose liggame is Dinsdag op ‘n plaas in die Sebayeng-polisiëringsarea buite Mangweng ontdek. ‘n Beseerde man sterk in die hospitaal aan.

Kol. Malesela Ledwaba sê die polisie is op soek na verdagtes van ‘n skietinsident waarby twee vroue gesterf en ‘n man beseer is.

Ledwaba sê die polisie is Dinsdag ingelig oor ‘n vrou (45) wat vermis geraak het nadat sy Saterdag die plaas besoek het. Tydens ‘n soektog op die plaas is die liggaam van die vrou, asook die liggaam van nog ‘n vrou (35), ‘n buitelandse burger, wat reeds in ‘n gevorderde toestand van ontbinding was, ontdek. Voorlopige ondersoek dui aan beide die vroue het skietwonde gehad.

“Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat albei vroue skietwonde opgedoen het en saam met ‘n 47-jarige buitelandse man was toe hulle die plaas besoek het, wat ook geskiet is en tans in die hospitaal is.”

Twee sake van moord en een van poging tot moord waarvan die motief onbekend is, word deur die polisie ondersoek.

“Die identiteit van die oorledenes sal mettertyd bekend gemaak word.”

Enigiemand met inligting word versoek om kol. Tinyiko Shilenge by 071 673 1814 te bel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief