Lees ook: Iran ontken betrokkenheid by hommeltuigaanval op VSA-basis
GEORGIA, VSA. – Vier swart vrouens in Georgia het verskeie verskaffers van chemiese “hair relaxer” produkte gedagvaar na ‘n studie die produkte met kanker en baarmoederfibroïde verbind het.
‘n Studie van 2022 het gewys meer as 33 000 vrouens wat die produkte gebruik het om hulle hare reguit te maak het ‘n groter kans om kanker te kry.
Die studie kon nie die vrouens se ras met die kankerrisiko verbind nie, maar die risiko is glo groter vir swart vrouens omdat hulle meer dikwels die produkte gebruik.
Verskeie vrouens het na die studie die verskaffers van die produkte begin dagvaar.
Die vier vrouens in Georgia het die maatskappye gedagvaar na hulle vir jare die produkte gebruik het en toe gesondheidsprobleme begin kry het, insluitend borskanker, endometriumkanker en baarmoederfibroïde
Bronne: Daily Maverick, Columbus Ledger-Enquirer, Georgia Public Broadcasting
Lees ook: Iran ontken betrokkenheid by hommeltuigaanval op VSA-basis





