Lees ook: Internasionale Strafhof wil lasbriewe vir inhegtenisneming van Hamas-leier en Netanyahu bekom
VSA. – Die VSA het gedreig om sanksies teen die Internasionale Strafhof in te stel oor die lasbriewe om Israeliese owerhede in hegtenis te neem.
Antony Blinken, die staatssekretaris, het gesê hulle is bereid om met wetmakers saam te werk aan sanksies teen die Internasionale Strafhof.
Dit volg na die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof aangekondig het hy het aansoek gedoen vir lasbriewe om Israeliese en Hamas-leiers vir beweerde oorlogsmisdrywe in hegtenis te neem.
Aanklaer Karim Khan wil Benjamin Netanyahu en verdedigingsminister Yoav Gallant in hegtenis laat neem, asook Yahya Sinwar, Mohammed Deif en Ismail Haniyeh van Hamas.
Bronne: BBC, Daily Post Nigeria, Financial Times
Lees ook: Internasionale Strafhof wil lasbriewe vir inhegtenisneming van Hamas-leier en Netanyahu bekom





