Brekende Nuus
Afrikaans

VSA dreig met sanksies teen IS oor lasbriewe vir inhegtenisneming

VSA dreig met sanksies teen Internasionale Strafhof oor lasbriewe vir inhegtenisneming

fotokrediet: Canva
VSA dreig met sanksies teen Internasionale Strafhof oor lasbriewe vir inhegtenisneming fotokrediet: Canva

Lees ook: Internasionale Strafhof wil lasbriewe vir inhegtenisneming van Hamas-leier en Netanyahu bekom

VSA. – Die VSA het gedreig om sanksies teen die Internasionale Strafhof in te stel oor die lasbriewe om Israeliese owerhede in hegtenis te neem.

Antony Blinken, die staatssekretaris, het gesê hulle is bereid om met wetmakers saam te werk aan sanksies teen die Internasionale Strafhof.

Dit volg na die hoofaanklaer van die Internasionale Strafhof aangekondig het hy het aansoek gedoen vir lasbriewe om Israeliese en Hamas-leiers vir beweerde oorlogsmisdrywe in hegtenis te neem.

Aanklaer Karim Khan wil Benjamin Netanyahu en verdedigingsminister Yoav Gallant in hegtenis laat neem, asook Yahya Sinwar, Mohammed Deif en Ismail Haniyeh van Hamas.

Bronne: BBC, Daily Post Nigeria, Financial Times

Lees ook: Internasionale Strafhof wil lasbriewe vir inhegtenisneming van Hamas-leier en Netanyahu bekom