Brekende Nuus
Afrikaans

VSA en China bereik tydelike ooreenkoms oor tariewe

VSA en China bereik tydelike ooreenkoms oor tariewe

fotokrediet: Canva
VSA en China bereik tydelike ooreenkoms oor tariewe fotokrediet: Canva

China en die VSA het aangekondig ’n tydelike ooreenkoms aangaande die tariewe op mekaar se invoere is bereik.

Lees ook: Trump dreig China met nog tariewe

Die VSA het ingestem om tariewe vir 90 dae op Chinese goedere vanaf 145% na 30% te verminder en China het ingestem om tariewe op Amerikaanse goedere vanaf 125% na 10% te verminder.

Die lande het gesê ’n “meganisme sal ingestel word vir verdere samesprekings oor ‘n ekonomiese en handelsverhouding”.

Dit volg na pres. Donald Trump verlede maand tariewe op verskeie lande ingestel het wat hy beweer het misbruik die VSA deur hulle onregverdige handelsbeleid.

Bronne: BBC, Euronews, ABC News

Lees ook: Trump dreig China met nog tariewe