BAGDAD, IRAK. – Volgens die Amerikaanse regering gaan nie-noodsaaklike Amerikaanse personeel en hulle afhanklikes uit die Amerikaanse ambassade in Bagdad ontruim word.
Lees ook: Dodetal in Oos-Kaap styg tot 57
Daar is bewerings dat hulle ontruim word oor kommer oor hulle veiligheid ná Amerika se samesprekings met Iran oor ‘n kernprogram tot ’n stilstand gekom het.
VSA-president, Donald Trump, het samesprekings met die Iranse regering begin om hulle sover te kry om hulle kernprogram te staak omdat “hulle nie ’n kernwapen kan hê nie – hulle kan net nie”.
Volgens Iran is hulle nie van plan om ’n kernwapen te bou nie en wil die program vir “vredesredes” gebruik, maar die VSA wil die program heeltemal opgeskort hê.
Bronne: BBC, The Independent, Euronews
Lees ook: Dodetal in Oos-Kaap styg tot 57





