Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig hy gaan nie die G20-beraad vir ministers later die maand in Suid-Afrika bywoon nie oor die SA-regering se “anti-Amerikaanse agenda”.
Lees ook: Vliegtuig van Japan tref Delta-straler op aanloopbaan
Volgens Rubio se inskrywing op X gaan hy nie die G20-samesprekings bywoon nie omdat Suid-Afrika “slegte dinge doen” soos die “onteiening van private eiendom”. Hy het gesê sy werk is om “Amerikaanse nasionale belange te bevorder, nie belastingbetalers se geld te mors of anti-Amerikaanse agendas te bevorder nie”.
Rubio se aankondiging volg na die Amerikaanse president, Donald Trump, se inskrywing op die Truth Social-platform dat Amerika befondsing aan Suid-Afrika oor die onteieningswet sal opskort.
Bronne: IOL, EWN, BusinessTech
Lees ook: Vliegtuig van Japan tref Delta-straler op aanloopbaan





