Vliegtuig van Japan tref Delta-straler op aanloopbaan

Lees ook :

Vliegtuig van Japan tref Delta-straler op aanloopbaan fotokrediet: Skermgreep X

SEATTLE, VSA. – Passasiers is ontruim na ’n vliegtuig van ‘n Japannese lugredery gistermiddag ’n Delta-straler op ’n aanloopbaan by die Seattle-Tacoma Internasionale Lughawe getref het.

Lees ook: Liggame gevind van 67 mense dood in botsing tussen vliegtuig en helikopter

Die Japannese vliegtuig se vlerk het die Delta-straler, wat in die proses was om op te styg, se stertpunt op die aanloopbaan getref. Geen passasiers is beseer nie en almal is veilig ontruim.

Die federale lugvaartadministrasie is besig om die voorval te ondersoek. Daar was onlangs verskeie voorvalle met vliegtuie – die American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter wat gebots het, ’n lugambulans wat in ’n ongeluk was en ’n United Airlines-vliegtuig wat ontruim moes word na vlamme by die enjin uitgekom het.

Bronne: The Independent, New York Times, Newsweek

Lees ook: Vlugopnemer gevind na American Airlines-vliegtuig en Black Hawk-helikopter bots

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief