Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof
MISSOURI, VSA. – ‘n Onderwyseres (26) is vandeesweek in hegtenis geneem na sy glo seks met ‘n leerling(16) gehad het terwyl haar ander leerlinge kywie gehou het.
Hailey Clifton-Carmack is in hegtenis geneem op verskeie aanklagtes, insluitend seksuele kontak met ‘n leerling en kindermolestering.
Owerhede het glo eers bewus geraak van die “verhouding” toe ‘n ander leerling dit rapporteer het. Die seun met wie sy glo seks gehad het, het vir die leerling foto’s gewys van krapmerke op sy rug wat Clifton-Carmack glo veroorsaak het.
Die leerling het gesê die juffrou is “te na aan die leerlinge”. Volgens hofdokumente was die hoof bewus van Clifton-Cormack se gedrag.
Die leerling se pa het glo ook geweet van die “verhouding” en het gesê sy was al by hulle huis. Hy is op 3 Januarie in hegtenis geneem op aanklag van “kinderbedreiging”.
Die pa en onderwyseres is albei steeds in aanhouding.
Bronne: The Independent, The Mirror, Inside Edition
Lees ook: Suid-Afrika se volksmoordsaak teen Israel begin vandag in VN-hof





