ROEMENIË. – Donald Trump se administrasie wil glo hê Roemeense owerhede moet Andrew Tate en sy broer toelaat om te reis.
Lees ook: Andrew Tate se voertuie gekonfiskeer na nuwe aantygings
’n Onlangse berig lui dat Amerikaanse owerhede wil hê die Tate-broers moet hulle paspoorte terugkry en toegelaat word om te reis.
Andrew Tate en sy broer word aangekla van verskeie seksuele misdrywe, insluitend verkragting, die vorm van ’n bende om vrouens seksueel uit te buit, asook mensehandel.
Die broers word ook in die VK aangekla van verkragting en mensehandel en Roemeense owerhede het laat blyk die broers sal uitgelewer word aan die VK sodra die saak in Roemenië afgehandel is.
Tate en sy broer beweer albei hulle is onskuldig en blameer oudpresident Biden daarvoor dat hulle toegesluit is.
Bronne: The Independent, Newsweek, The Hollywood Reporter
Lees ook: Andrew Tate se voertuie gekonfiskeer na nuwe aantygings





