VSA sny militêre hulp en samewerking met SA

Lees ook :

VSA sny militêre hulp en samewerking met SA fotokrediet: X

VSA. – Die VSA het in ’n memo bekendgemaak dit gaan militêre hulp en samewerking met die Suid-Afrikaanse weermag sny en gaan die Suid-Afrikaanse militêre attaché uit die land skors.

Lees ook: Leo Brent Bozell III is amptelik aangestel as Amerikaanse ambassadeur in SA

Die memo wat op 13 Maart van die VSA se staatsdepartement na die finansiële hoof van Amerika se verdedigingsveiligheidsagentskap gestuur is, sê ’n uitvoerende bevel van Donald Trump beveel dat alle hulp aan Suid-Afrika opgeskort word.

In die bevel word ook gesê enige Suid-Afrikaanse weermagpersoneel wat in die VSA is vir opleiding sal sodra moontlik na Suid-Afrika teruggestuur word.

Suid-Afrika se militêre attaché, brig.genl. Richard Maponyane, is glo ook gesê hulle is nie meer welkom in die VSA nie en hy en sy assistente moet die land verlaat.

’n Dreigement is ook uitgereik oor geteikende sanksies teen spesifieke mense in Suid-Afrika.

Bronne: BusinessTech, IOL, TimesLIVE

Lees ook: Leo Brent Bozell III is amptelik aangestel as Amerikaanse ambassadeur in SA

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief