VSA. – Die administrasie van president Donald Trump het gisteraand (Dinsdag) aangekondig die handelstarief op Chinese uitvoere na Amerika is verhoog na 245% ná Beijing nog tariewe op goedere wat uit die VSA ingevoer word, ingestel het.
Lees ook: Rand stabiliseer na Trump handelstariewe uitstel
Trump se administrasie het beweer China beperk belangrike tegnologiese materiaal wat noodsaaklik is vir die weermag- , lugvaart- en halfgeleierbedrywe (semiconductor).
Die Withuis het ook ’n ondersoek oor nasionale veiligheid geloods oor die invoer van strategiese hulpbronne ná kommer oor die VSA wat staatmaak op buitelandse materiaal vir die vervaardiging van verdedigingstegnologie.
Bronne: The Indian Express, Times of India, Hindustan Times