Die rand het gisteraand (Woensdag) gestabiliseer na dit Dinsdag ’n rekordlaagtepunt van R19.93 per dollar bereik het toe Trump hoër handelstariewe op invoere ingestel is.
Lees ook: Trump halt meeste tariewe met 90 dae, laat China nóg meer betaal
Trump het sy tariewe met 90 dae uitgestel en ’n 10%-tarief op die meeste van die VSA se handelsvennote ingestel, wat die rand tot R19.34 per dollar laat stabiliseer het.
Die rand is steeds nie uit gevaar nie, met die handelsoorlog tussen Trump en China wat voortduur, plaaslike politici se onderhandeling oor die begroting, asook die BTW-verhoging.
Trump het China se tariewe verhoog tot 125% ná China uit weerwraak die tariewe op Amerikaanse goedere tot 84% verhoog het.
Bronne: IOL, BusinessTech, Engineering News
Lees ook: Trump halt meeste tariewe met 90 dae, laat China nóg meer betaal
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected].





