VSA: Vrou doodgeskiet wat saam met kind na bushalte loop

Lees ook :

Vrou doodgeskiet wat saam met kind ná bushalte loop in VSA fotokrediet: Canva

LOUISVILLE, VSA. – ’n Jong vrou is gisteroggend in Louisville, Kentucky, doodgeskiet terwyl sy met haar kind na ‘n bushalte geloop het.

Lees ook: Vier kinders in hegtenis wat vrou (71) met gesteelde motor raakry

Die vrou is by ‘n hospitaal dood verklaar. Die kind, wat saam met haar was, is nie beseer nie en is veilig.

’n Tiener (15) is by Hoërskool Shawnee in aanhouding geneem en ondervra, maar hy is weer vrygelaat.

Die motief vir die skietery is onbekend en die verdagte word steeds gesoek.

Op 7 Augustus het ’n leerling (15) ook skote naby ‘n bushalte geskiet en weggehardloop. Hy is later in hegtenis geneem.

Dit is onbekend of die moord op die vrou en verlede week  se skietery enige verband het.

Bronne: Daily Mail, ABC News, Kentucky Today

Lees ook: Vier kinders in hegtenis wat vrou (71) met gesteelde motor raakry

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief