VSA. – Die Amerikaanse sekretaris van binnelandse veiligheid, Kristi Noem, het gesê sy gaan nog lande voorstel wat verbied moet word van reis na die VSA wat glo die VSA met kriminele aktiwiteite “oorspoel”.
Lees ook: Poetin sê dele van vredesplan onaanvaarbaar, dreig Europa met oorlog
Noem het gesê sy het met die president, Donald Trump, vergader en het ‘n “volle reisverbod voorgestel op elke land wat ons nasie met moordenaars, bloedsuiers en ‘junkies’ oorspoel”.
Dit is nog onduidelik watter lande moontlik verban gaan word of wanneer die verbod in werking gaan tree. Die departement van binnelandse veiligheid het gesê dit sal binnekort die lys aankondig.
Mense van 19 lande, meestal in Afrika, die Midde-Ooste en die Karibbiese Eilande, is reeds verbied om na die VSA te reis.
Bronne: BBC, NBC News, CNN
Lees ook: Poetin sê dele van vredesplan onaanvaarbaar, dreig Europa met oorlog





