Vurkhyser-ongeluk lei tot man se dood

Lees ook :

Foto: ALS Paramedics

KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, is Maandagmiddag net voor 16:00 in ’n vurkhyser-nywerheidsongeluk in Piet Retiefweg in die Queensburgh-gebied van Malvern, wes van Durban, dood.

Garrith Jamieson, van ALS Paramedics, sê die vurkhyser het tydens werksure omgeslaan en die bestuurder vergruis. Paramedici het die slagoffer ondersoek, maar hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die oorsake van die voorval is nog onbekend en word deur die polisie ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief