Vuurwapens en ammunisie by tolhek onderskep

Lees ook :

Foto's: KZN Department van Vervoer

KWAZULU-NATAL. – Twee persone, insluitend ’n polisiebeampte, is Maandag by die Mariannhill-tolplaza voorgekeer toe wetstoepassers ’n voertuig met vuurwapens en sowat 800 rondtes ammunisie onderskep het. ‘n Polisiebeampte en vuurwapenhandelaar is glo in die voorval betrokke.

Luidens ’n verklaring deur Sinoniso Duma, die LUR vir vervoer en menslike nedersettings, is die voertuig deur die padverkeersinspektoraat saam met die Durbanse metropolisie en die polisie deursoek. Die insittendes kon nie geldige dokumentasie ingevolge die vuurwapenbeheerwet toon nie. Die voertuig is ook gekonfiskeer omdat dit onwettig met veiligheidsligte toegerus was, wat ’n oortreding van die nasionale padverkeerswet is.

Nog drie verdagtes wat hulle glo as polisiebeamptes voorgedoen en met vervalste aanstellingsertifikate betrap is, is in hegtenis geneem.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief