GAUTENG. – Vyf kinders, tussen die ouderdom van ses en nege jaar oud, is Sondag by plaaslike klinieke in Soweto dood verklaar.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê omstandighede wat tot die kinders se sterftes gelei het, is onbekend en is deel van die polisie se ondersoek.
‘n Geregtelike doodsondersoek is oopgemaak.
Volgens beriggewing van Daily Sun het die kinders versnaperinge van ‘n winkel gekoop en geëet.
Bronne: SAPD en Daily Sun





