Vyf maniere om vanjaar meer te lees

Lees ook :

Vyf maniere om vanjaar meer te lees

Dié rubriek is deur Bybel-Media geskryf

Dit kan moeilik en selfs ontmoedigend wees om vir plesier te begin lees, of weer te begin lees ná ’n lang tydperk. Dalk het die leesgogga jou nooit gebyt nie, of miskien het jy as kind gesukkel om te lees en gedink dis nie vir jou nie. Hier is vyf maniere om vanjaar meer te lees:

  1. Besluit hoeveel bladsye jy daagliks gaan lees: Deur net ’n paar bladsye per dag te lees, kan jy ’n boek maklik in ’n maand klaar lees. As jy egter bereid is om meer te lees, of so geboei raak dat jy nie jou boek kan neersit nie, kan jy selfs meer boeke per maand lees.
  2. Lees eerder: Vervang dinge wat jou tyd “steel” met lees. Gebruik die tyd wat jy op sosialemediaplatforms sou deurbring om ’n bladsy of twee te lees. Jy kan selfs boeke op jou selfoon aflaai om dit makliker te maak.
  3. Lees wanneer jy moet wag: As jy ’n boek by jou het, kan jy dit uithaal en lees wanneer jy ook al ’n kansie kry, soos wanneer jy vir ’n trein of ’n bus wag, wanneer jy vroeg is vir ’n koffie-afspraak, of selfs wanneer jy nie lus is vir nog ’n Netflix-aand nie.
  4. Geniet wat jy lees: Lees boeke wat jou interesseer en boei, boeke deur mense wat jy bewonder of boeke wat jou familie en vriende (wat jou goed ken) voorstel. Die lewe is te kort om boeke te lees waarvan jy nie hou nie.
  5. Kry ’n biblioteekkaart: Ja, dit bestaan nog! En dit is steeds gratis. Neem jou gesin saam op ’n uitstappie biblioteek toe en ontsluit ’n nuwe wêreld van oneindige boeke. Daag jou gesin uit om te kyk wie hierdie jaar die meeste kan lees.

Lees gerus: Wat doen lees aan my brein?

Zelda Mans skryf vir Nuusflits: “Lees bevorder ook verbeeldingskrag en kreatiwiteit. Wanneer ons ‘n boek lees, moet ons dikwels ons eie beelde skep van karakters en omgewings. Hierdie verbeeldingryke proses stimuleer die brein se kreatiewe areas en kan ons help om nuwe idees en oplossings vir probleme te bedink. Lees versterk nie net ons kognitiewe funksies nie, maar ook ons emosionele intelligensie en kreatiwiteit, wat waardevolle vaardighede is vir sukses in ons persoonlike en professionele lewens.”

Maak 2025 jou jaar van meer lees!

Hier is 25 Afrikaanse Christelike boeke vir jou 2025-leeslys.

Hier is ook 7 Afrikaanse boeke wat jy móét lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief