Vyf sterf toe vragmotor rol

Lees ook :

Foto: Moeti Mmusi

MPUMALANGA. – Vyf mans is dood toe die vragmotor waarin hulle gereis het gisteraand op die R33-pad tussen Carolina en Warburton gerol het.

Volgens Moeti Mmusi van die departement van gemeenskapveiligheid en sekuriteit in die provinsie het die bestuurder vermoedelik beheer verloor en die vragmotor met hout het gerol.

Vier manlike passasiers het gesterf. Die bestuurder van die vragmotor is saam met nog drie beseerdes vir mediese behandeling na Carolina- provinsiale hospitaal geneem. Nog een persoon het in die hospitaal gesterf.

Die pad was gesluit terwyl owerhede hulle werk gedoen het.

Vusi Shongwe, die LUR van die departement van gemeenskapsveiligheid en sekuriteit, het medelye met families van die oorledenes uitgespreek. Die beseerdes is spoedige beterskap toegewens.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief