Lees ook: Verdagte word gesoek na polisiebeampte doodgeskiet is
ERMELO. – Vyf verdagtes is in hegtenis geneem vir die moord op lt.kol. Piet Pretorius.
Pretorius is Donderdag doodgeskiet terwyl hy aan diens was in sy amptelike voertuig. Hy was die hoof van die voertuigidentifiseringeenheid in Ermelo.
Vyf verdagtes, tussen 29 en 40, is vir sy moord in hegtenis geneem. ‘n Voertuig wat glo deur die verdagtes gebruik is, is gister in Ermelo gevind waar dit aan die brand gesteek is.
Speurders, die Valke en ‘n sekuriteitsmaatskappy het die verdagtes in Nelspruit in hegtenis geneem.
Bronne: SAPD
Lees ook: Verdagte word gesoek na polisiebeampte doodgeskiet is





