Vyf verdagtes in AKA-moord vandag weer in hof

Lees ook :

Vyf verdagtes in AKA-moord vandag weer in die hof
Vyf verdagtes in AKA-moord vandag weer in die hof fotokrediet: Facebook

Lees ook: Twee verdagtes in AKA-moord verskyn vandag in hof

DURBAN. – Vyf van die verdagtes wat in hegtenis geneem is vir die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane sal vandag weer in die Durbanse landdroshof verskyn.

Lindokuhle Thabani Mkhwanazi (30), Lindani Zenzele Ndimande (35), Siyanda Eddie Myeza (21), Mziwethemba Harvey Gwabeni (36) en Lindokuhle Lindo Ndimande (29) verskyn vandag in die hof vir borgverifikasie. Hulle word aangekla van onder meer sameswering om moord te pleeg, vyf aanklagtes van poging tot moord en twee aanklagtes van moord.

Die polisieminister Bheki Cele het die inhegtenisnemings van die verdagtes aangekondig. Hy het gesê die meesterbrein, skieters en uitkykpersoon is almal in hegtenis geneem.

Die saak sal waarskynlik weer uitgestel word tot 18 en 19 Maart en dan 27 Maart.

AKA en Tibz is verlede jaar buite ‘n restaurant in ‘n huurmoord, waarvan AKA die teiken was, doodgeskiet.

Bronne: IOL, EWN, The Africa

Lees ook: Twee verdagtes in AKA-moord verskyn vandag in hof

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief