Vyf verdagtes in hegtenis vir korrupsie in Kimberley en op Petrusburg

Lees ook :

Vyf verdagtes in hegtenis vir korrupsie in Kimberley en op Petrusburg
Vyf verdagtes in hegtenis vir korrupsie in Kimberley en op Petrusburg fotokrediet: Canva

Lees ook: Twee Lusikisiki-verdagtes wil aansoek doen om borg

Vyf verdagtes is vir korrupsie in Kimberley en op Petrusburg in hegtenis geneem. Die verdagtes is glo deel van ’n sindikaat wat ongekwalifiseerde mense toelaat om onwettig bestuurslisensies te kry.

Twee burgers, 52 en 60, is op Petrusburg in hegtenis geneem, asook drie werknemers van die Kimberley-verkeersdepartement.

Die voertuigregistrasiesentrum in Kimberley is vandag gesluit en sal Maandag weer oop wees. Thabo Mothibi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, het gesê stappe word geneem om die werknemers wat in hegtenis geneem is, te vervang.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Bronne: SAPD

Lees ook: Twee Lusikisiki-verdagtes wil aansoek doen om borg

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief