PRETORIA, SUID-AFRIKA. – Ditebogo Phalane (5) is Vrydagaand doodgeskiet in ’n beweerde kaping in die Sosanguve-woonbuurt in Pretoria.
Volgens lt. kol. Mavela Masondo het die voorval omstreeks 22:00 Vrydagaand plaasgevind toe ’n pa by sy huis met ’n wit Toyota-bakkie aangekom het. Sy seuntjie het uit die huis gehardloop om hom te verwelkom.
’n Onbekende aantal gewapende verdagtes het na bewering die bakkie gekaap en die seun geskiet.
Volgens Masondo is die seun na ’n hospitaal gehaas. Met sy aankoms by die hospitaal is hy dood verklaar.
Gayton McKenzie van die Patriotic Alliance het R250 000 as beloning aangekondig vir enige iemand wat kan help met inligting wat tot die inhegtenisname van die verdagtes kan lei.
’n Saak van moord en kaping is geopen. Die SAPD doen ’n beroep op enigeen wat inligting rakende die voorval het om hulle naaste polisiestasie of 08600 10111 te kontak.
I’m devastated by the news received this morning, that a 5 year-old boy from Soshanguve was killed in a hijacking. Looking at the photo of this family, I cannot begin to imagine the depths of their pain, my heart goes out to them. We have to take our country back from criminals. pic.twitter.com/4byD7kDiQ4
— Mayor Cilliers Brink (@tshwane_mayor) May 11, 2024
Bron: SAPD, X





