Waarskuwing: Baan op R38 weens rotsstorting gesluit

Lees ook :

Foto: Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling

MPUMALANGA. – ‘n Baan op die R38 tussen Barberton en Badplaas, vanaf Jambila in die rigting van Badplaas, is weens ‘n rotsstoring gesluit.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder vir die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling, word verkeer beheer, maar motoriste word versoek om snelheid te verminder en versigtig te bestuur. Padgebruikers wat alternatiewe roetes kan gebruik, word aangeraai om dit te doen om verkeersopeenhopings te vermy.

Mmusi sê die situasie word gemonitor en motoriste moet die nodige voorsorg tref.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief