KWAZULU-NATAL. – ‘n Brug op die N2-hoofweg wat oor die Ezimbokodwenirivier by Amanzimtoti-gholfbaan gebou is, is besig om gedeeltelik mee te gee.
ET Rapid Response in Amanzimtoti het ‘n sosialemediaplasing gemaak om te sê die brug stort gedeeltelik in en motoriste moet dienooreenkomstig beplan en van alternatiewe roetes gebruik maak.
ET Rapid Response sê die waarskuwing is via ‘n Ethekwini Emergency-verslag gekry.





