Waarskuwing oor brongiolitis by jong kinders in winter

Lees ook :

Foto: Dr. Willem Smit

Brongiolitis kom meer algemeen in die winterseisoen voor en dit kan veral gevaarlik wees vir babas en jong kinders onder twee jaar oud. Hoe jonger die kind, hoe gevaarliker. Lees hier onder wat die simptome is, wat om liefs te vermy en wanneer om hulp te vra.

Dr. Willem Smit, pediater, sê die siekte begin gewoonlik soos ’n verkoue, maar kan vinnig na die longe versprei en asemhaling ernstig beïnvloed, veral by jong babas en kinders met onderliggende gesondheidsprobleme. Brongiolitis is ’n virusinfeksie van die klein lugweë in die longe en word meestal deur die respiratoriese sinsitiale virus (RSV) veroorsaak, alhoewel dit ook deur ander virusse veroorsaak kan word. Dit versprei maklik deur hoes, nies en handkontak, veral in omgewings waar kinders naby mekaar is.

Kenners sê ouers moet veral versigtig wees met babas onder ses maande, premature babas, sowel as babas wat hart- of longprobleme het of ’n verswakte immuunstelsel het, aangesien hulle die grootste risiko loop om ernstig siek te word. Hierdie kinders moet indien moontlik so ver moontlik beskerm word teen groot groepe mense, dagsorgsentrums en enige kontak met mense wat verkoue- of griepsimptome toon.

Ouers word aangeraai om hul babas se kontak met siek mense te beperk, goeie handhigiëne toe te pas en blootstelling aan rook, insluitend passiewe rook, te vermy. Waar moontlik, behoort jong babas, veral onder ses maande, indien dit enigsins moontlik is, nie gedurende die piekwintermaande aan dagsorg of groot groepe blootgestel te word nie. Dringende mediese hulp moet gesoek word indien ’n baba vinnig of moeilik asemhaal, die bors intrek wanneer hulle asemhaal, swak drink of kos weier, buitengewoon slaperig of swak is, of blou verkleuring van die lippe of gesig toon.

Smit beklemtoon dat daar geen spesifieke geneesmiddel vir brongiolitis is nie, maar dat vroeë behandeling belangrik is om komplikasies te voorkom en asemhaling te ondersteun. Ouers word aangemoedig om simptome ernstig op te neem en vroeg hulp te soek eerder as om te wag. Voorkomende inentings is beskikbaar vir babas en die Beyfortus- en Abrysvo- voorkomende inspuitings vir swanger vroue tussen 28 en 36 weke. RSV-brongilitis verhoog die risiko om later in die lewe asma of chroniese obstruktiewe longsiekte te ontwikkel. RSV is baie algemeen, maar ook hoogs aansteeklik.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief