WAARSKUWING: Paaie vir ‘ramp-simulasie’ gesluit

Lees ook :

Foto: Saldanhabaai Munisipaliteit

WES-KAAP. – ‘n Simulasie van ‘n ongeluk van ‘n stikstoftenkwa met ‘n ligte motorvoertuig vind Woensdag op Vredenburg plaas. Sekere paaie sal vanaf 10:00 tot 13:00 geaffekteer wees.

Saldanhabaai-munisipaliteit sê die oefening is van belang om inwoners en besoekers aan die area te beskerm indien daar ‘n insident sou plaasvind wat in ‘n ramp kan ontaard: “Die oefening sal ‘n ongeluk tussen ‘n stikstoftenkwa en ‘n ligte motorvoertuig behels. ‘n Lekkasie en veelvoudige beserings sal mediese aandag vereis.”

Die pad in die rigting van Vredenburg sal soos op die kaart aangedui gedurende die simulasie vir motoriste gesluit wees. Dit vind op die R399-pad tussen Builders Warehouse en Weskus Mall plaas. Kliënte van Builders Warehouse sal toegang tot die perseel hê, alhoewel verkeersbeamptes motoriste sal herlei waar die simulasie sal plaasvind, sowel as by die kruising van Florynstraat en Sterlingweg.

‘n Hommeltuig sal die simulasie op beeld vaslê.

Die oefening is daarop gemik om nooddienste se bekwaamheid te evalueer. Dit sluit die sisteme, nood-protokol, gebeurlikheidstrategieë, asook reaksiemeganisme en toerusting in.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief