WES-KAAP. – Eskom se Koeberg-kernkragstasie sal op 3 Maart (Dinsdag) ’n roetine-sirenetoets doen. Dit is deel van die kernnoodplan om te verseker dat noodstelsels korrek werk.
Die Stad Kaapstad sê die toets wat tussen 10:00 en 12:00 plaasvind, hou geen gevaar vir die publiek in nie en daar is geen rede tot bekommernis nie. Die publiek word gevra om die radio en televisie af te skakel en na die afkondiging te luister. Stappe moet wel geneem word om seker te maak dat diere nie ten tyde van die toetsing weghardloop nie.
Daar kan moontlik alternatiewe sirenes op Woensdag en Donderdag gehoor word, as gevolg van instandhouding. ‘n Soortgelyke toets is ook verlede jaar gedurende hierdie tydperk uitgevoer.






