Die Suid-Afrikaanse weerdiens het ‘n geel vlak 1-waarskuwing vir vandag vir dele van Gauteng uitgereik.
Lees ook: Israel ontvang eerste gyselaars in ruil vir gevangenes
Die waarskuwing is vir Pretoria, Bela-Bela, Tweefontein en Delmas geldig. Daar is ‘n moontlikheid van oorstromings, weerlig en hael.
Die publiek word herinner om lopende water en laagliggende brûe te vermy en om nie onder bome te staan tydens weerlig nie. Mense word aangemoedig om die weer vir enige verandering dop te hou.
Bronne: SAWD
Lees ook: Israel ontvang eerste gyselaars in ruil vir gevangenes





