Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing vir ‘n hoë brandgevaar vir vandag vir verskeie provinsies uitgereik.
Lees ook: Amptelike brandstofprys vir September bekend
’n Waarskuwing vir ‘n hoë brandgevaar is vir dele van die Noord-Kaap, Oos-Kaap, Vrystaat, Noord-Wes, Gauteng, Limpopo en Mpumalanga uitgereik.
Mense word gewaarsku om nie enige vure te begin nie, aangesien winderige en droë weer veldbrande kan veroorsaak.
Bronne: SAWD





