Die Suid-Afrikaanse weerdiens het verskeie waarskuwings vir swaar sneeuval vir vandag uitgereik. ’n Geel vlak 1-waarskuwing vir erge sneeu geld vir Graaff-Reinet, Cradock en Lady Frere.
Lees ook: Waarskuwing oor oorstromings in Kaapstad
’n Geel vlak 2-waarskuwing vir swaar sneeu is vir Barkly-Oos en Matatiele uitgereik.
KwaZulu-Natal is met ‘n geel vlak 2-kennisgewing teen erge wind gewaarsku en ’n geel vlak 2-waarskuwing vir hoë deinings is vir die kus van die Noord-Kaap, Wes-Kaap en Oos-Kaap uitgereik.
Reën is vir ’n groot deel van die land vir vandag voorspel.
Bronne: SAWD
Lees ook: Waarskuwing oor oorstromings in Kaapstad





