Waarskuwings in verskeie provinsies uitgereik vir vandag

Lees ook :

Waarskuwings uitgereik vir vandag in verskeie provinsies fotokrediet: SAWD

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het weerwaarskuwings uitgereik vir verskeie provinsies vir vandag.

Lees ook: Reën vir die week voorspel

Daar is ’n geel vlak 2-waarskuwing oor donderstorms en moontlike oorstromings uitgereik vir Impendle, Kokstad, Umzimkhulu, Pennington, Camperdown, Harding en St Faith’s. ’n Geel vlak 2-waarskuwing vir erge donderstorms en moontlike oorstromings is ook uitgereik vir George, Knysna, Prins Albert en Beaufort-Wes.

Daar is ’n geel vlak 1-waarskuwing vir erge wind vir die Wes-Kaap uitgereik.

Motoriste word herinner om die weer dop te hou vir enige veranderinge en mense word herinner om laagwaterbrûe en lopende water te vermy.

Bronne: SAWD

Lees ook: Reën vir die week voorspel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief