Die Suid-Afrikaanse weerdiens het nog waarskuwings vir donderstorms vir vandag uitgereik.
Lees ook: Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms vir vandag uitgereik
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms is vir die Noord-Wes, Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Vrystaat en Oos-Kaap uitgereik.
Daar is ‘n moontlikheid van oorstromings, hael, windskade en bome wat kan omval. In die Oos-Kaap is daar ‘n moontlikheid dat die weersomstandighede motorongelukke tot gevolg kan hê.
‘n Geel vlak 2-waarskuwing vir onstuimige wind is vir die kusgebiede van die Oos-Kaap uitgereik.
Mense word herinner om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bron: SAWD
Lees ook: Geel vlak 2-waarskuwing vir donderstorms vir vandag uitgereik





