Die Suid-Afrikaanse weerdiens het verskeie weerwaarskuwings vir vandag uitgereik. ’n Geel vlak 1-waarskuwing vir hewige sneeu is vir die Oos-Kaap uitgereik.
Lees ook: Wes-Kapenaars gewaarsku oor naweek se kouefronte
Die Wes-Kaap is met ’n geel vlak 4-kennisgewing vir swaar reën met moontlike oorstromings en skade aan infrastruktuur gewaarsku.
Mense word herinner om hulle troeteldiere binnenshuis te hou indien moontlik en om die weer dop te hou vir enige verandering.
Bronne: SAWD





