Wes-Kapenaars gewaarsku oor naweek se kouefronte

Lees ook :

Wes-Kaap inwoners gewaarsku om versigtig te wees voor naweek se kouefronte fotokrediet: Canva

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n waarskuwing uitgereik oor verskeie kouefronte wat vanaf Vrydag tot Sondag ’n impak op die Wes-Kaap gaan het. Een kouefront sal Vrydag in die Wes-Kaap begin en sal swaar reën, sterk winde en moontlike oorstromings bring.

Lees ook: Swaar reën en sneeu vir vandag voorspel

Die Wes-Kaapse mobiliteitsminister, Isaac Sileku, het inwoners van die Wes-Kaap gewaarsku om versigtig te wees op die paaie en om verantwoordelik te bestuur.

Veiligheidswenke vir motoriste sluit in om reis tydens hewige reën te vermy, om ‘n groter volgafstand tussen voertuie te handhaaf en om seker te maak die voertuig se hoofligte is aan. Die voertuig se ligte, remme, bande en ruitveërs moet op peil wees. Motoriste moet versigtig wees wanneer hulle oor laagwaterbrûe of paaie wat oorstroom het, ry.

Inwoners word gemaan om die weer dop te hou vir enige waarskuwings.

Bronne: SA Regering

Lees ook: Verskeie mense in ontploffing in Rome beseer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief